Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

Loer binne: Die see 

Hierdie kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders ‘n prettige geleentheid om meer oor die see uit te vind.

Gaan kuier op die strand en bou sandkastele, kyk na die haai en die seekat onder die wateroppervlak en ontdek ander seediere soos seeskilpaaie swaardvisse! Vind uit watter diere woon bo-op en onder die yslaag en sluit aan by ‘n duikspan om te gaan kyk na ‘n ou skeepswrak op die seebodem!

 

Loer binne: Die Plaas

Hierdie kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders ‘n prettige geleentheid om meer oor die plaas uit te vind. Gaan kuier op die plaas en sien watter diere daar woon, watter verskillende plante geplant word en watter voertuie op die plaas gebruik word.

Gaan kuier in die stalle, die hoenderhok, by die varke en hulle kleintjies en maak ‘n draai by die dam waar jy ganse en eende sal sien!

 

Loer binne: Die see en Loer binne: Die plaas is perfek vir kinders 1 jaar en ouer. Dit is puik vir die ontwikkeling van hulle denke en verbeelding asook hand-oog-koördinasie!

 

 

Vat en voel: Dierebabas

Met hierdie kartonboek kan kleintjies nie net flappe lig nie, maar ook vat en voel aan Kietsie en Hasie Hop! Die rymvertaling met kort en eenvoudige teks is perfek vir voorlees terwyl die flappe gelig word om uit te vind wie daar wegkruip.

Deur die loop van die storie maak kinders kennis met dierebabas Kuiken, Lammie, Brakkie, Kietsie, Hasie Hop en nog iemand wat agter die flappe wegkruip! Dié boek is ideaal vir 0 tot 6 jariges.

 

 

Vat en voel: My klein wildtuin

Met hierdie kartonboek kan kleintjies nie net flappe lig nie, maar ook vat en voel aan Liewe Leeutjie en Apie Aapstert! Die rymvertaling met kort en eenvoudige teks is perfek vir voorlees terwyl die flappe gelig word om uit te vind watter dier daar wegkruip.

Deur die loop van die storie maak kinders kennis met Liewe Leeutjie, Sussie Seekoei, Kolle Kameelperd, Ollie Olifant en Apie Aapstert! Dié boek is ideaal vir 0 tot 6 jariges.