Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

Ontmoet die skrywers! Anzil Kulsen, en haar 15-jarige seun Keenan, gee bietjie agtergrond oor die Bitterbosbende-reeks.

 

 

 

Kurt, sy suster Nieke en hul maats is in Gr 5 in Laerskool Bitterbos, en bly in die koshuis. Die nuwe skoolhoof waai soos ‘n yskoue onweerswind by die eerste saalbyeenkoms in. Daar’s ‘n NWtaak wat moet klaarkom, as groepwerk!

Toe Kurthulle se idee vir ‘n sonkragoondjie TE goed werk en hulle ‘n miniontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied met verrassende gevolge . . .

Lees hoofstuk een uit die eerste boek in die reeks: Die geheim van die nuwe hoof.

Hoofstuk 1 uit Die geheim van die nuwe hoof

 

 

Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin ‘n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van ‘n trein wat kwaai rem aanslaan en dan ‘n harde botsing.

Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . . ‘n been?

 

 

 

 

 

In September is al drie boeke in die reeks beskikbaar!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Op soek na ’n monoloog, samespraak of gedig? Eisteddfod-pret 2 bied hierdie en vele meer.

Monoloog uit Eisteddfod-pret 2

Samespraak uit Eisteddfod-pret 2

 

 

 

 

Die 13-jarige Marko Hoffman van Laerskool Rapportryer dra Die Makeover voor, geskryf deur Gloudine Kellerman.