A is vir Augustus en Afrikaans.

B is vir Bargain Books!

In Augustus vier Bargain Books die werk van ‘n groot aantal van ons beste Afrikaanse skrywers deur daagliks afslag te gee op ‘n bepaalde titel.

Elke dag, ja, letterlik elke dag, van hierdie maand bied ons 20% afslag op ‘n Afrikaanse boek. Die lekker ding is: Ons gee elke dag afslag op ‘n ánder boek. So, elke dag wanneer jy ‘n winkel van Bargain Books besoek, kry jy die geleentheid om ‘n verskillende boek op afslag te koop. Is dit nie redelik vervelig as dieselfde boeke die hele maand op ‘n spesiale aanbieding is nie?

So, net om seker te maak: Elke dag word ‘n verskillende boek deur ‘n verskillende skrywer teen afslag te koop aangebied.

As dit nie vir jou lus maak om elke dag ‘n nuwe blaadjie om te slaan en ‘n nuwe boek op te raap nie, dan, wel, hou ons maar dop!

Hier is ‘n skelm kykie na die eerste week se boeke:

Die boeke wat ons gekies het, sluit in: rillers, romanse, kinderfiksie en niefiksie vir volwassenes – waaronder kookboeke en geskiedenis!

So, volg ons op die sosiale media of kom kuier sommer elke dag in een van ons winkels om te sien watter een van jou geliefde skrywers volgende op afslag sal wees!

Lekker Lees!