It’s a diverse offering of Afrikaans books this year. Something to suit every taste and habit. And these four authors know just how to bring the goods. We have a care home crusader doing something peculiar with pineapples, relentless twists and turns through a tale of conspiracy and kidnapping, an innocent man and an unsolved triple murder, and – for the reader keaner on reality – a wanderer-writer’s thoughts on these strange times and the places they touch.  Four big names, four very different books, four terrific gift options.

 

 

Hans Bars die Bioborrel by Rudie Van Rensburg

“Huis Madeliefie word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van die tehuis se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans en kie nie. Voorts is Hans oor die hoof gesien as leier van dié raad.

Altoon Ahlers, befaamde akteur van weleer, neem die leisels. Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ’n ander manier moet onttroon . . .”

 

 

 

Gerugte van ‘n Ontvoering by Chris Karsten

“Wanneer Harry asemskep tussen sy omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir ’n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers.Teen die tyd dat Harry in Oos-Afrika opgespoor word, is sy ma al dae lank dood.

Harry kry die reuk van ’n groot gekonkel. Nie eens daai parmantige Ella Neser gaan hom keer nie. Nog ’n hoogtepunt in Chris Karsten se Ella Neser-oeuvre.”

 

 

 

Minder as Niks by Irma Venter

“Dertig jaar gelede is Johan Botha lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op drie tienermeisies. Terminaal siek en pas vrygelaat, vra hy misdaadjoernalis Ami Prinsloo om hom te help om sy onskuld te bewys.Hoe kan sy nee sê? Dis ’n uitstekende storie.

En as ’n voormalige swemkampioen met geraamtes in haar eie kas, weet sy hoe dit voel om als te verloor. Om te sukkel om mense in die oë te kyk. Hoe dit voel as iemand na aan jou vermoor word en te weet dat die skuldige nog op vrye voet is…”

 

 

 

In Die Tyd van Gif by Dana Snyman

“Min sou Dana Snyman weet toe hy die Rugbywêreldbeker-eindstryd op Rondomskrik kyk dat die euforie van dié oomblik kortstondig sou wees; dat ons lewens binnekort handomkeer sou verander. Dana verwoord die sonderlinge ervaring van die afgelope agttien maande – van rugbytriomf tot treur en vertwyfeling.

Dan kry hy self ook Covid. Dana se kenmerkende fyn waarneming en deurleefde wysheid maak In die tyd van die gif ’n leesmoet. Daar is pyn en verlies, maar ook geloof en hoop – en ’n goeie blomjaar.”

 

 

 

Check out our full Christmas catalogue here