Lux Verbi is ‘n Christelike druknaam wat ontstaan het uit die oudste uitgewery in Suid-Afrika, die Zuid-Afrikaanse Bijbelvereniging, wat in 1818 gestig is. In 1950 is die Bijbelvereniging se naam na NG Kerk Uitgewers verander. In 1980 het NG Kerk Uitgewers ’n nuwe baadjie aangetrek as Lux Verbi, toe later ook Lux Verbi-BM (’n samesmelting met Bybel-Media), en vandag staan dit uiteindelik as Lux Verbi, ‘n druknaam van NB-Uitgewers, bekend.

Lux Verbi is Latyns vir “Lig van die Woord”.

Aangesien boeke, buiten Bybels, sedert 1950 deur NG Kerk Uitgewers uitgegee is, vier Lux Verbi vanjaar tydens Augustus sy 70ste bestaansjaar. Die vieringsweek van 10-16 Augustus stem ook ooreen met die publikasiedatum van vanjaar se uitgawe van die oudste Bybelse dagboekreeks in die land, Uit die Beek. Uit die Beek 2021 sal vanaf 16 Augustus beskikbaar wees.

Weens die landwye inperking het Lux Verbi besluit om ’n digitale vieringsweek aan te bied om so fees te vier saam met skrywers en lesers regoor Suid-Afrika. Kom deel in die vieringe!

Meer inligting oor wat om te verwag: Facebook events

          

 

          

 

 

Klik op die buiteblad om ‘n uittreksel te lees: