Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

50 vrae oor Die Menslike Liggaam

Kort vrae en antwoorde in hierdie boek maak dit maklik en vinnig om oor die menslike liggaam te leer.

Daar is ook ‘n bordspel binnein die boek en twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, én ‘n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur ‘n QRkode te skandeer!

50 vrae oor Hoe Om My Planeet te Red

Die kort vrae en antwoorde in hierdie boek maak dat daar maklik en vinnig oor hoe om die planeet te red, geleer kan word.