Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

 

Die vlerke van naaldekokers

Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Nie net het sy haar linkerhand verloor nie, maar haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. Boonop is sy die een wat al vir maande lank haar ma se geheim moet ronddra.

‘n Onbeplande road trip saam met haar eksentrieke skrywer-oupa en sy aantreklike jong assistent, Lee, bied vir Kylie die perfekte kans om te ontsnap. En miskien is dit haar geleentheid om iets vir Lieke te doen; om ‘n paar goed op haar sussie se bucket list af te merk: photobomb iemand famous, leer om te surf, maak ‘n verskil, plant ‘n boom, soen ‘n mooi ou . . .

Dit word ‘n vakansie wat Kylie nooit sal vergeet nie. ‘n Reis terug na haarself, na heelword. Maar ook ‘n reis deur alles wat hierdie deurmekaar lewe op ‘n mens se pad bring: hartseer, verlies, skoonheid, liefde . . .

 

Waaroor gaan Die vlerke van naaldekokers? Die skrywer vertel.

 

 

Lees ’n uittreksel uit Die vlerke van naaldekokers.

Uittreksel – Die vlerke van naaldekokers

 

Die vinnigste skoene in die hele wêreld

Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. Bloedrooies met wit veters.

Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk ’n paar superhero-tekkies aantrek en dan moet help om ’n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?

 

Lees ’n uittreksel uit Die vinnigste skoene in die hele wêreld.

Hoofstuk 1 uit Die vinnigste skoene in die hele wereld

 

Luister na ’n kort voorlesing uit Die vinnigste skoene in die hele wêreld deur die skrywer. (Met erkenning aan Maroela Media.)

https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/cecilia-steyn-lees-voor-uit-die-vinnigste-skoene-in-die-hele-wereld/

 

Ontmoet skrywer Cecilia Steyn.

http://www.ceciliasteyn.co.za/