Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

Ontdek: Die menslike liggaam deur Richard Walker

Hierdie boek gee nuuskierige agies die kans om die wonders van die menslike liggaam te ontdek.

Dit bied ’n omvattende blik op liggaamsprosesse –– van die kleinste selletjies tot die stelsels wat mense aan die lewe hou! Kinders kan onder andere ontdek hoeveel bloed deur die hart gepomp word, hoeveel spiere gebruik word om te glimlag en hoe die neus en ore binne-in lyk.

Die foto’s en detail in die boek sal enige kind se belangstelling prikkel!

 

 

Hierdie boek gee nuuskierige agies die kans om die wonders van die menslike liggaam te ontdek.

 

 

Ontdek: Planete deur Carole Stott

Hierdie ruimteboek gee nuuskierige agies die kans om die wonders van die ruimte te ontdek.

Dit bied ’n omvattende blik op wat in die ruimte aangaan –– van die aarde se bure in die ruimte tot die rotsagtige binneplanete en die grootste gasreuse! Kinders kan kyk na die agt planete wat om die son wentel, asook mane, asteroïede, dwergplanete, komete en ander dinge in die sonnestelsel.

Hulle kan ook lees oor ruimtetuie.Die foto’s en detail in die boek sal enige kind se belangstelling prikkel!

 

 

Hierdie ruimteboek gee kinders die kans om na verre wêrelde te reis.

 

 

Ontdek: Diere deur Tom Jackson

Hierdie diereboek gee nuuskierige agies die kans om die wonders van die diereryk te ontdek.

Dit bied ’n omvattende blik op allerhande soorte diere –– van die kleinste insekte tot die enorme boggelrugwalvis! Kinders kan onder andere ontdek hoe voëls, vlermuise en insekte begin vlieg het, waarvoor diere hulle kleur gebruik en hoe pikkewyne die ergste koue oorleef.

Die illustrasies en detail in die boek sal enige kind se belangstelling prikkel!

 

 

Die foto’s en detail in die boek sal enige kind se belangstelling oor diere prikkel! 

 

 

Ontdek: Insekte deur Laurence Mound

Hierdie boek gee nuuskierige agies ‘n kans om in detail alles oor insekte te leer, met ongelooflike foto’s wat daarmee gepaardgaan.

Die inhoud dek onder andere die dele van ‘n insek, wat  ‘n insek is, die eerste insekte, kewers, vlieë , skoenlappers en motte, wantse, wespe, bye en miere, ander insekte, vyande, insekte in die water, hoe neste gebou word, miere, heuningbye en korwe, en meer.

Die boek sluit af met ‘n Het jy geweet?-afdeling, insekklassifikasie, plekke om te besoek én ‘n woordelys.

 

 

Ontdek: die oseaan deur Miranda MacQuitty

Hierdie boek gee nuuskierige agies die kans om alles oor die oseaan te leer.

Die inhoud dek onder andere oseane van die verlede en vandag, golwe en die weer, sand en modder, seebeddings, rotse onder en bo water, lewe op koraal, roofdiere, aanval en verdediging, beweging, die bodem, duikbote, visvang en oseaanprodukte, olie en gas, en meer.

Die boek sluit af met ‘n Het jy geweet?-afdeling, wêreldoseane, plekke om te besoek en ‘n woordelys.

 

 

 

Kry die hele Ontdek-reeks vir jou boekrak!