Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

Raaiselklip deur Troula Goosen

Gabriel skrik wakker in ‘n vreemde stad sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Was hy die vorige dag nog in Amsterdam?

Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie en in die begraafplaas is ‘n graf met sy naam op. Die mooi slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy regtig is, maar ‘n Khoi seun met ‘n vreemde klip spook by hom.

En Zytia se geheimsinnige meesteres soek sy bloed . . .

 

 

 

Raaiselsee deur Troula Goosen

Wanneer Daniel ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar hangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai.

Maar wie is die ou vrou wat met die strandjutwolf langs die see verskyn?

En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal?

 

 

 

 

Raaiselster deur Troula Goosen

Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy familie hul rykdom verloor.

Hy sluit by ’n togryer aan op pad na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Sara, vermom as ’n touleier, reis saam op soek na die merk van haar voormense.

Maar wanneer hulle by die geheimsinnige tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese in die berge tee en ontdek dat hulle nog altyd bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit . . .

 

 

 

 

Gaan op ’n tydsreis met Troula Goosen se Raaisel-boeke . . .

 

Wat wag op jou in elke storie? Hoor bietjie by die skrywer Troula Goosen.

 

Troula vertel aan Maroela Media hoe sy die karakters in die Raaisel-stories ontwikkel en lees ’n kort gedeelte voor uit die nuutse titel hier