Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

 

Jungu Josh 1: Die goue kalbas deur Constant Van Graan

Josh woon by sy tannie op ‘n plaas in Oos-Afrika nadat sy ma skielik verdwyn het.

‘n Vreemdeling daag op en probeer  hom ontvoer. Doris, die huishulp, red hom. Sy vertel hom dat ‘n groep mense sy bloed soek en dat hy in die vallei, Kalimbula, die wyseman, Ngandu, moet gaan spreek om antwoorde te vind.

Josh pas die legkaartstukkies van sy ma se verdwyning stadig bymekaar, maar toe die goue kalbas oopgemaak word om die naam van die troonopvolger te onthul, kry Josh die verrassing van sy lewe . . .

 

 

 

 

Jungu Josh 2: Die kryger van Aboemondja deur Constant Van Graan

Josh is ingehuldig as die nuwe koning van Kalimbula. Hy sukkel met die idee van koning wees.

Silvia, sy ma, is egter nie dood nie. Sy slaag daarin om van die plaas te ontsnap. Intussen maak ‘n misterieuse kryger haar verskyning en Josh se koningskap word tot die uiterste beproef.

Hy vra die hulp van die geheimsinnige sifashama met hul rooi mantels, maar dit help nie. Masjeba se raad kom teen ‘n prys. En waar is Silvia? Sal sy Kalimbula bereik voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?

 

 

Constant van Graan, debuutskrywer van die Jungu Josh-reeks

 

 

Besoek die Junju Josh-webwerf om te sien waar die verhale afspeel, meer oor die karakters te lees, na die temalied te luister en uit te vind wat jou totemdier is . . .

https://jungujosh.com/

 

Constant van Graan, ’n dosent in forensiese rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit en deeltydse musikant, het onlangs sy skryfdebuut met die ‘Jungu Josh’-jeugtrilogie gemaak.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/familiedebat-lei-tot-debuutskrywer-se-jungu-josh-reeks/

 

“Sal Josh Kalimbula kan red voor alles om hom in duie stort?” Constant van Graan vertel ons meer oor die Jungu Josh-reeks, sy hoofkarakter en die temas in die verhaal.

https://www.facebook.com/NBSkoleSchools/posts/3351839651518320

 

Luister hier na Jungu Josh se pragtige temalied deur Pelican State. Dis beslis nie elke karakter wat sy eie liedjie kry nie! Die splinternuwe Jungu Josh-reeks deur Constant van Graan is propvol avontuur teen ‘n snelle pas wat jong lesers vasgenael sal hou.

https://www.facebook.com/watch/?v=3157735731013179