Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

Dagboek van ’n dork 1: Stories van ’n nie-so-fantastiese lewe deur Kobus Geldenhuys, Rachel Renée Russell

Nikki Maxwell is nie gewild nie. Eintlik is sy die teenoorgestelde van gewild.

Sy’s ’n absolute dork! Nikki hoop sy kan vriende by die nuwe skool maak en dat haar dorkdae nou verby is. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie.

Wanneer sy vir die kunskompetisie inskryf, vind sy uit dat die mislikste meisie in die skool ook nou haar grootste kompetisie is! Wat staan ‘n dork te doen? Lees Nikki se dagboek vol drama en dinge en maak reg om die dork in jou ’n drukkie te gee.

 

 

Dagboek van ’n dork 2: Stories van ’n nie-so-gewilde partytjiepop deur Kobus Geldenhuys, Rachel Renée Russell

Nikki begin uiteindelik in haar nuwe skool aanpas.

Sy het twee cool vriende en Brandon het haar uiteindelik begin raaksien. Nikki wil saam met Brandon na die skooldans gaan, maar wanneer MacKenzie begin spog dat sy saam met Brandon gaan, besluit Nikki om liewer na haar sussie se partytjie te gaan.

Later vind sy uit dat MacKenzie gejok het, en Nikki besef haar droom om saam met Brandon dans toe te gaan kan waar word. Maar hoe woon jy twee partytjies tegelyk by?

 

Dagboek van ‘n dork 3: Stories van ‘n nie-so-talentvolle popster deur Kobus Geldenhuys, Rachel Renée Russell

Nikki se skool hou ’n talentkompetisie en sy kan nie wag om saam met Chloe en Zoey ’n dans uit te werk en Brandon met haar mooi stem te bekoor nie!

Maar Nikki vind uit dat haar aartsvyand, MacKenzie, ook vir die kompetisie gaan inskryf en vasberade is om die kollig te steel. Kan ’n dork soos Nikki vir die gewildste meisie in die skool ore aansit?

Laat die katgeveg vir die kollig begin…

 

 

Dagboek van ’n dork 4: Stories van ‘n nie-so-elegante ysprinses deur Kobus Geldenhuys, Rachel Renée Russell

Brandon doen vrywilligerwerk by ’n diereskuiling en dit verbaas Nikki nie.

Hy’s so oulik – natuurlik sal hy die arme honde wil help. Maar dan hoor sy hulle wil die skuiling toemaak.

Wanneer haar skool ’n skaatskompetisie hou om geld vir liefdadigheid in te samel, besluit Nikki sy en Chloe en Zoey moet die skuiling help. Kan sy betyds van ’n dork-op-ys na ’n prinses-op-ys verander om die kompetisie te wen en die diere te red?

 

 

Youtuber Carli Mossie gee so bietjie inligting oor Dagboek van ’n dork 1: Stories van ’n nie-so-fantastiese lewe

 

 

Nou beskikbaar!

 

Lees ’n opsomming van die reeks op Maroela Media