Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

Branderjaer deur Joha van Dyk

Deidre se lewe is veilig, onder beheer. Sy het egter nie op Louw gebargain nie.

Louw is een van dáárdie ouens. Waaghalsig. Windgat. Alles wat Deidre nie kan verdra nie.

Maar sy besef gou hoe verkeerd sy was. Daar is iets aan hulle, die Branderjaers: vyf seuns in ’n hegte broederskap gesmee deur gedeelde pyn en skuld. Sý wil die een wees wat al Louw se geheime ontrafel.

Want almal in Stormbaai het skuld. Bloedskuld. En die Branderjaers het ‘n moerse prys om te betaal.

Lees ’n uittreksel uit Branderjaer.

 

Branderjaer is een tsoenami van ’n leeservaring en nét die boek om hierdie vakansie op die strand te lees.

Kyk die lokprent.

https://www.facebook.com/NBPublishers/videos/781949285703290/

 

Ster en die skugter vyf deur Elizabeth Pulles (illustr.), Henriëtte Linde-Loubser

Ster bly by haar broer en sy vrou op ‘n plaas.

Een nag word sy wakker en ‘n erdvark staan langs haar bed, sy snoet op die lakens.”Kom verken die wêreld saam met my,” nooi hy.

En so neem die erdvark vir Ster op ‘n nag van snuffel en ontdek. Hulle gaan op ander nagtelike ontdekkingstogte daarna, want die erdvark wil vir Ster die ander skaam diere wys, die skugter vyf: die erdvark, oewerkonyn, Kaapse luiperd, ietermagog, en wit leeu.

 

 

Luister na hierdie spesiale podsending waarin skrywer Henriëtte Linde-Loubser en illustreerder Elizabeth Pulles met ons gesels oor hul boek, Ster en die skugter vyf.

Buiten die interessante agter-die-skerms-inligting is daar ook ‘n pragtige voorlesing deur die skrywer waarna luisteraars kan uitsien. Nou beskikbaar op die NB Publishers-podsending, op die platform van jou keuse.

https://bit.ly/SterendieskugtervyfPodsending