Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

Die avonture van Speurhond Willem deur Elizabeth Wasserman

Willem is oor die wêreld heen beroemd as speurhond. Maar ‘n paar jaar gelede het ‘n sending skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland.

Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En van daardie dag af is Adriaan en Willem onafskeidbaar.

Hierdie omnibus bevat die eerste drie avonture: hulle reis na Istanbul, Parys en Londen, ‘n seerower-avontuur op ‘n passasierskip en die Bosveld-vakansie waarin hulle ‘n bende renosterstropers vastrap.

 

 

 

‘n Paar jaar gelede het ‘n sending van die beroemde Willem skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En nou is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie omnibus bevat hulle eerste drie avonture: hulle reis na Istanbul, Parys en Londen, ‘n seerower-avontuur op ‘n passasierskip en die Bosveld-vakansie waarin hulle ‘n bende renosterstropers vastrap.

 

 

‘n Pratende hond en ‘n seun wat die wêreld vol reis agter boewe aan is die heerlikste leeservaring.

Lees Hoofstuk 1 uit elk van die drie stories.

 

Hondman deur Dav Pilkey 

Daar is ‘n nuwe soort polisieman op die toneel!

George en Harold het ‘n nuwe held geskep wat bedrog uitgrou, sy kloue in kroeke inslaan en diewe omduik! Ben die hond en sy polisiehoof word beseer op diens, maar ‘n operasie verander ook lewe soos ons dit ken, en Hondman word gebore.

Met die kop van ‘n hond en die lyf van ‘n mens, het hierdie heldhaftige hond ‘n neus vir geregtigheid. Maar is sy hondemaniere regtig iets van die verlede?

 

 

Daar is ‘n nuwe soort polisieman op die toneel! Dis Hondman, wat misdaad en boewe op die boud byt. Ben die hond en sy polisiehoof word beseer aan diens, maar ‘n operasie verander lewe soos hulle dit ken, en Hondman word gebore. Met die kop van ‘n hond en die lyf van ‘n mens, het hierdie heldhaftige hond ‘n neus vir geregtigheid. Maar is sy hondemaniere regtig iets van die verlede? Lees hierdie strokiesprentboek en jy sal lê soos jy lag!

https://www.facebook.com/Storierak/videos/1285445861789726/

https://www.instagram.com/tv/CGnLpzSp6tA/

 

Laai Hondman-aktiwiteite af:

Hondman se asemrowende ontsnapping

Teken Ramkat