Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

Goue lint-stories: Die mooiste avontuurverhale deur Moon S.r.l. , Kobus Geldenhuys

In hierdie wonderlike boek met pragtige illustrasies word kinders bekendgestel aan klassieke avontuurverhale, soos Om die wêreld in 80 dae, Robinson Crusoe, Lancelot se avonture, Gulliver en die Lulliputers, White Fang, Die drie musketiers, Tarzan, Skateiland, Reis na die middel van die aarde, Tom Sawyer en Huckleberry Finn en Sandokan, die tier van Maleisië. Hierdie boek is perfek vir voorlees asook selflees!

Hierdie boek moet op elke Kersfeeslys en kind se boekrak wees!

Lees die avontuurverhaal, “Robinson Crusoe”, uit Goue lint­-stories: Die mooiste avontuurverhale.

 

 

Goue lint-stories: Die mooiste fabels deur La Fontaine deur Moon S.r.l. , Kobus Geldenhuys 

Hierdie wonderlike boek met pragtige illustrasies word kinders bekendgestel aan die klassieke fabels van La Fontaine, soos Die wesel en die koringskuur, Die wolf en die lam, Die duif en die mier, Die bye en die perdebye, Die leeu en die muis, Die donkie en die hond, Die swaeltjie en die voëls, Die haan, die kat en die muis, die takbok by die fontein, Die vos en die bok, Die paddas wat ‘n koning wou hê, en vele meer!

Lees die fabel, “Die leeu en die muis”, uit Goue lint­-stories: Die mooiste fabels deur La Fontaine.