Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

Ouma Hester en die Getaway-kar deur Janie Oosthuysen, Alex van Houwelingen, Alistair Ackermann

Zany Zack voer ‘n skrikbewind by VERI HAPPI KIDZ, die videospeletjiesfabriek.

Met die hulp van vier bose oumas van die Huur-‘n-Ouma agentskap word kinders ontvoer en gedwing om dag en nag te werk om nuwe speletjies uit te dink. Maar gelukkig is daar ook oumas soos ouma Hester, Tian en Lisa se ouma.

Haar Getaway-kar se wapens skrik vir niks en Tian en Lisa leer hoe om elke vernuftige toestel te gebruik in hul stryd teen die bose oumas. Saam beleef hulle woeste gevegte, jaagtonele, en hope naelbyt-spanning en -aksie.

Die vakansie by ouma Hester gaan beslis onvergeetlik wees!

 

 

Ouma Hester en die Arnosterfant deur Janie Oosthuysen, Alistair Ackermann

Renosters tel, olifantmis en ‘n lugskip met hittesoekende sensors en ‘n meganiese slurp . . . ’n vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie!

Maar wie is Wang Mang? Hoekom het hy ‘n tenk vol rooi-en-wit gespikkelde vissies in sy helikopter? Wat wil hy met Thembi en Joe se mak renoster, Mafuta, maak? En wat het al hierdie dinge met olifante se toiletgewoontes uit te waai?

Maak gereed, want ouma Hester, Tiaan en Lisa is in die Krugerwildtuin  . . . en die spaanders gaan spat!

 

 

 

’n Vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie! In hierdie episode vertel skrywer Janie Oosthuysen en illustreerder Alistair Ackermann ons bietjie meer van die opwindende nuwe Ouma Hester-reeks, waarvan die derde boek volgende jaar verskyn. Janie Oosthuysen lees ook ‘n stukkie voor wat oud en jonk sal geniet, so luister saam en beleef self dié lekker nuwe storie. Luister na die NB Publishers-podsending op die platform van jou keuse: https://bit.ly/OumaHesterPodsending

Die boeke lees soos ’n superheldfilm . . . Kyk die lokprent!

https://fb.watch/2gy4G4TnoR/