Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

Tjoppie en die skat R110


Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Hy grawe en grawe. FluitFluit waarsku hom om versigtig te wees, maar so byna krap Tjoppie Warrie Wurm se huisie heeltemal om!

Gelukkig kan almal fluks help en Tjoppie kan sy nuwe skat saam met hom huis toe neem. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

 

 

Tjoppie en die tweeling R110


Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontmoet hy twee maatjies wat presies dieselfde lyk. Maar hoe kan dit wees?

Chewy en Lobo is ‘n tweeling en hulle gaan Tjoppie leer hoe om mededeelsaam te wees. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

 

 

Lees n uittreksel uit Tjoppie en die skat

Lees n uittreksel uit Tjoppie en die tweeling

Kleur in Tjoppie:

  

 

Die regte Tjoppie by sy mamma, skrywer Liz de Villiers