Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

Die seerowers 1: Die seerowers en die spookskip

Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders! Elke maand met volmaan verskyn daar ’n geheimsinnige skip aan die kus van Grootgaapbaai en dan kom plunder seerowers die dorp.

Kan Matilda en Basjan die gesteelde buit terugkry en die bose seerowers uitoorlê, of gaan hulle gevangenes aan boord van die spookskip bly?

 

 

My groot boek oor treine, motors en lorries

Het jy al ooit gewonder hoe die eerste fiets gelyk het? Of hoe die eerste wiel ontdek is? In hierdie grootformaat boeke kan kinders lees oor die eerste treine en karre tot al die voertuie wat op die plaas gebruik word!

Elke bladsy bevat helder en groot illustrasies met byskrifte, en ekstra bladsye agterin die boek vir inkleur!

 

 

 

My groot boek oor vliegtuie, bote en ruimtetuie

In hierdie grootformaat boek kan kinders lees oor die eerste skepe, vliegtuie en ruimtetuie tot voertuie wat vir oorloë gebruik word!

Elke bladsy bevat helder en groot illustrasies met byskrifte, en ekstra bladsye agterin die boek vir inkleur!

 

 

Neels van Jaarsveld lees voor uit Die seerowers 1: Die seerowers en die spookskip. Luister hier na die voorlesing op die podsending-platform van jou keuse: http://bit.ly/DieseerowersVoorlesing

Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Elke maand met volmaan verskyn daar ’n geheimsinnige skip aan die kus van Grootgaapbaai en dan kom plunder seerowers die dorp. Kan Matilda en Basjan die gesteelde buit terugkry en die bose seerowers uitoorlê, of gaan hulle gevangenes aan boord van die spookskip bly . . . Dalk vir ewig?

 

Kyk hierdie oulike video van Juanli Theron van Die Naguilklub se seuntjie met sy eksemplaar van My groot boek vol treine, motors en lorries. My groot boek oor vliegtuie, bote en ruimtetuie en My groot boek oor treine, motors en lorries is perfek vir nuuskierige agies wat wil speel én leer! Dié oulike groot-formaat boeke is nou beskikbaar.

Het jy al ooit gewonder hoe die eerste fiets, vleigtuig en boot gelyk het? Of hoe die eerste wiel ontdek is? Wie was die eerste man om op die maan te loop? In hierdie groot-formaat boeke kan kinders lees oor die eerste skepe, vliegtuie, ruimtetuie, treine en motors tot al die voertuie wat op die plaas en in oorloë gebruik word! Elke bladsy bevat helder en groot illustrasies met byskrifte, en ekstra bladsye agterin die boek vir inkleur!