Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

 

Kiesjouavontuur: Die gevaarlikste speletjie op aarde

Mario is die skool se rekenaarspeletjiekampioen. Maar wanneer hy deur ‘n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe.

‘n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe.

Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom . . . ‘n Kiesjoueieavontuurstorie propvol avontuur en naelbytaksie!

 

 

 

Wees gewaarsku: Hierdie boek is anders as enige ander boek. Daar is meer as 30 verskillende eindes vir die storie ─ en…

Posted by Storierak on Friday, 10 July 2020

 

 

Grilgrypers 6: Die geheim van die spookwerf

Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na ‘n piepklein huisie op ‘n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van ‘n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar.

En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaardige Wayne ontmoet, vind sy boonop uit dat die skrootwerf meer as een spokerige geheim wegsteek . . .

 

 

 

 

 

MAAK SEKER JY HET ELKE BOEK IN DIE REEKS . . .

 

Ontmoet die skrywer De Wet Hugo!