Saterdae is Storietyd op Bargain Books se Facebook-blad!
In samewerking met NB-Uitgewers deel ons interessante inhoud oor kinder- en jeugboeke: uittreksels, aktiwiteite, boeklokprente én onderhoude met skrywers, vertalers en illustreerders . . .
Tye: 10:00vm en 12:00nm

 

Onderwereld by Fanie Viljoen R180

Sanlamprys vir jeuglektuur 2008: silwer ’n Spannende jeugspeurverhaal wat in die onderwêreld van kuberkrakers afspeel, deur ’n veelbekroonde skrywer. Greg Owen is die hoofseun by Lawson Kollege, waar Eckardt in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen hulle. Eckardt is ’n bedrewe rekenaarkraker en lei Greg in die geheime van dié onderwêreld in.

Onwillekeurig word hy in ’n gevaarlike avontuur ingetrek. Wanneer Ekhardt skielik verdwyn, begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.

 

 

 

 

Donker Web – (Onderwêreld Boek 2) by Fanie Viljoen R250

Greg Owen, voormalige hoofseun van die elite privaatseunskool. Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is ’n eerstejaar Matie
na die jaar waarin sy gesin se lewe uitmekaar val. Sy pa en Dok Pienaar is ontmasker as die Butcher en die Candlestick Maker van Project
Nursery Rhyme en is agter tralies. Maar wie en waar is die Baker?

Greg sal nie kan rus tot die derde lid van die gewetenlose driemanskap aan die pen ry nie. As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe . . . Die langverwagte vervolg op die topverkoper Onderwêreld.

Kyk Donker Web video trailer: https://youtu.be/4IzvdW3uAmA

 

 

 

Nimmermeer by Jessica Townsend R240

‘n Asemrowende en bekoorlike nuwe reeks oor ‘n vervloekte meisie wat die dood vryspring en haarself in ‘n toweragtige nuwe wêreld bevind, maar dan meer beproef word as wat sy in haar wildste drome sou kon glo . . .

Morrigan Crow is vervloek. Bestem om op haar elfde verjaardag te sterf. Maar toe die klok middernag slaan, word sy deur ’n merkwaardige man genaamd Jupiter Noord weggevoer na die geheime stad Nimmermeer. Daar word sy genooi om by die Wondergenootskap aan te sluit. ’n Lewe vol misterie en towerkrag wag op haar – mits sy vier onmoontlike proewe kan baasraak, met behulp van ’n uitsonderlike talent. ’n Talent waaroor sy nie beskik nie . . .

Hierdie wonderlike vertaling deur die meesterlike Jaco Jacobs, bring hierdie sensasionele internasionale treffer nou ook na ‘n Afrikaanse gehoor!

 

 

 

Nimmermeer 2: Wondersmid by Jessica Townsend R240

Morrigan Crow het van haar dodelike vloek ontsnap. Sy is nou deel van die Wondergenootskap. Maar sy kry nie die verwelkoming waarop sy gehoop het nie. Sy is ’n seldsame Wondersmid, en dit veroorsaak dat almal haar as gevaarlik beskou.

Lede van die Genootskap verdwyn, iemand pers Morrigan se nuwe vriende af en laat hulle teen haar draai. En Ezra Stuim – die boosste man wat ooit gelewe het – is vasbeslote om Morrigan uit die Genootskap weg te lok.

Lees ’n Uittreksel: Uittreksel Wondersmid Hf 1

 

 

 

 

Jaco Jacobs vertel ons meer oor die Nimmermeer reeks: https://youtu.be/svOmLX-ig1Q

Kort Nimmermeer video klip: https://youtu.be/4IzvdW3uAmA

Click here to enter our competition now and you could win a hamper

Lekker lees!